|
Moet dit nie mis nie! In 'n "canyon" 15 myl Noord van San Francisco is die Muir Woods waar Rooihoutbome voorkom en bewaar word. Die park is nou 'n nasionale museum. 'n Rooihoutboom word tot oor die 600 jaar oud. Die hout is vreeslik mooi, selfs die buitenste stam gedeelte. Die hoogste boom in die park is 77 meter (254 voet). Die gemiddelde hoogte is 67 meter. Verder Noord is daar van hulle wat tot 113 meter hoog is. Die bome is nie almal dieselfde nie, daar is 15 verskillende spesies. Daar is 'n boom wat dood is deur vuur (daar staan nog 'n gedeelte van die onderkant) en alleen gestaan het terwyl hy lewendig was. Tweehonderd jaar na sy dood is daar bome wat reg rondom hom groei, dis die "kinders" van die boom.
Sjoe, hoë outjies die.....
Muir Woods Nasionale Park ingang Dis 'n paradys.........
Groot, nê.... Is jy deel van die familie....?
Ons 2 in die bosse... |