|
(Indien julle ons gasteboek wil
teken, gaan na ons vorige web bladsy : klik
hier Meer oor ons. Vir die wat ons nie ken nie, ons is 2 Suid-Afrikaners van Pretoria wat vinnig besig is om die hele Amerika te sien. Ons is al hier sedert Februarie 1999. Ons het begin deur vir 'n maand in Manhattan, New York te bly. Daarna was ons vir 2 maande in Atlanta, Georgia en sedert Atlanta bly ons in Clearwater, Florida. Johan is 'n SAP konsultant wat vir 'n Amerikaanse maatskappy werk. Sy projekte stuur hom orals oor. Ons sal probeer om weer die website op datum te hou. Ons is tans in San Francisco, California en dit is fantasties! Ons mis egter ons familie, vriende, honde en land baie.. State waar ons al was en baie gesien het : New York, Philadelphia, District of Columbia (Washington DC), Virginia, North Carolina, South Carolina, Tenessee, Georgia, Florida (tot by Key West), Texas, California, Washington. Hierdie week se foto's is net van dinge wat ons in California gesien het waar ons tans is. Wil julle vir ons skryf? E-Pos Johan Delport of Rona Delport Laaste opgedateer : 1999/10/28 |